
WILBONEI BOERDERY
Sedert 1990
Wilbonei boerdery word bedryf op die Plaas Opraap, tussen Klerksdorp en Ventersdorp, sedert 1990. Herman Wilkens Jnr. is die boer agter die bedryf, en leef elke dag sy liefde en passie uit op die plaas met behulp van sy doelgerigte span. Ons bied haarfyn genetika in ons Bonsmarastoet, onder beide vroulike én manlike diere. Herman is 'n geregistreerde grassaad verkoper en lid van SANSOR. Ons spesialiseer in Smutsvinger- en Eragrostis (oulandsgras) grassaad. Ons lewer aan alle saad maatskappye asook direk aan die boer wat nuwe aangeplante weidings wil vestig. Wilbonei het boonop ook 'n wildsvertakking wat fokus op die biltongjagter asook aankoop vir teeldiere. Kom ons boer!

WILBONEI
BONSMARASTOET
Hoe rooier, hoe mooier!
Die rooiras op ons plaas pronk met 'n brandmerk op die linker boud, met letters HMB. -(H)erman (W)ilkens (B)onsmaras.

WILBONEI
GRASSAAD
Wilbonei Smutsvinger- (digitaria eriantha) en Eragrostis- (oulandsgras) saad, het beide goeie ontkieming en suiwerheid.

WILBONEI WILDSVERTAKKING
Splinternuwe Jagkamp in die proses om te open! Wilbonei Jag- en teelwild. Eksoties sowel as gewone spesies.

WILBONEI SPAN





KONTAK ONS GERUS
Skakel/Whatsapp ons gerus vir enige navrae, of stuur 'n epos.
Opraap, South Africa
0825726094